Hulp om onderrig vir almal uit te brei

Ons steun onderwys deur ons produkte, programme en filantropie.

    Google Wolkplatform

    Rekenaar met Google Workspace for Education-nutsgoed

    Google Wolkplatform

    Verstaan studente se sukses, bevorder navorsing of verbeter infrastruktuur met die veilige, gebruiksvriendelike nutsgoed van Google Wolkplatform.

    Google Workspace for Education

    Rekenaar met Google Workspace for Education-nutsgoed

    Google Workspace for Education

    Verander hoe opvoeders en studente leer, werk en saam innoveer met gratis, veilige nutsgoed van Google Workspace for Education.

    Chromebooks

    Rekenaar met Google Workspace for Education-nutsgoed

    Chromebooks

    Maak leer meer doeltreffend en boeiend met Chromebooks – eenvoudige, veilige en deelbare toestelle wat onderwysers en leerders kan gebruik om te skep en saam te werk.

    Graad R- tot 12-oplossings

    Gee 'n hupstoot aan leer in die klaskamer

    Sien hoe Google-nutsgoed en -hulpbronne onderwysers en leerders help om te skep, saam te werk en digitale vaardighede vir die toekoms te bou.

    Hoëronderwysoplossings

    Ontsluit moontlikhede by kolleges en universiteite

    Vind uit hoe Google-oplossings gevorderde navorsing, innoverende ontdekkings en studiegeleenthede aandryf.

    Onderrighulpbronne om leer in die klaskamer te bemagtig

    Ontdek 'n wye verskeidenheid programme, aktiwiteite, lesplanne, nutsgoed vir digitale geletterdheid en speletjies om leer in die klaskamer te bevorder, insluitend virtuele uitstappies, lesse oor kodering, en meer.

    Studente verdien elke geleentheid om in rekenaarwetenskap te slaag

    Die aanleer van rekenaarwetenskapvaardighede help studente om te floreer in 'n vinnig veranderende wêreld. Daarom is dit ons doel om seker te maak dat almal toegang het tot die samewerkings-, kodering-, kreatiewe en tegniese vaardighede wat geleenthede in die klaskamer en daarbuite kan ontsluit.

    Projekte om gapings in onderwys oor die wêreld te oorbrug

    Tegnologie is besig leer en onderrig te transformeer. Dit help leerders om volgens hulle eie ritme te leer en om kreatiewe probleemoplossers en effektiewe medewerkers te word. Maar vir diegene sonder toegang tot tegnologie is die bestaande onderwysgapings besig om te groei. Daarom sal ons voortgaan om ons produkte, mense, programme en filantropie in te span vir 'n toekoms waar elke leerder toegang het tot die vaardighede wat hulle verdien.

    Sien hoe Google for Education onderrig aanwakker in klaskamers oor die hele wêreld

    Opvoeders en studente regoor die wêreld gebruik Google for Education op innoverende en betekenisvolle maniere.

    'n Jong seun en dogter werk saam op 'n Chromebook.

    Maine Township verbeter uitkomste met Google Workspace for Education. Lees gevallestudie

    'n Man en 'n vrou werk saam op 'n Chromebook in 'n lokaal wat lyk soos 'n klaskamer of laboratorium. Daar is 'n groot skerm op die lessenaar waarby hulle werk.

    Frank Holthouse gebruik Chromebooks om prostetiese ledemate te programmeer. Lees gevallestudie

    Twee volwassenes met wit laboratoriumoorjasse werk op 'n rekenaar in 'n laboratorium.

    Northeastern-universiteit gebruik Google Wolkplatform om Zika te verstaan. Lees gevallestudie

    Begin hier

    Praat met 'n spesialis

    Kry gepersonaliseerde hulp om die regte produkte vir jou instelling te kies.

    Begin hier

    Kom meer te wete oor Chromebooks, kom aan die gang met Google Workspace, of doen nou aansoek vir Google Wolkplatform-krediete.