Gee lewe aan leer met Jamboard
Inspireer studente om te leer, saam te werk en op aktiewe nuwe maniere betrokke te raak met die Jamboard se mobiele program of 55 duim-wolkaangedrewewitbord.
Laat studente op innoverende maniere saamwerk
Gee 'n hupstoot aan studente se samewerking en betrokkenheid met die Jamboard-program – aangedryf deur Google Wolk. Studente wat tablette gebruik het toegang tot 'n ryk reeks redigeringinstrumente om met ander studente of opvoeders saam te werk. Mens kan selfs vanaf 'n webblaaier daarby ingaan.
Eenvoudig soos 'n witbord, maar slimmer
Jamboard is 'n slimskerm. Voer maklik prente van 'n Google-soektog in, stoor werk outomaties op die wolk, gebruik die maklik leesbare handskrif- en vormherkenningnutsding, en teken met 'n stilus, maar vee uit met jou vinger – net soos 'n witbord.
Studente kan van enige plek af jam
Opvoeders kan alle studente by die leerproses betrek, of hulle nou saamwerk in 'n tradisionele klaskamer, in 'n groepseminaarsituasie, of deur middel van afstandsonderrig. Die Jamboard-program vir Android en iOS maak dit vir studente en opvoeders maklik om deel te neem aan die kreatiwiteit, vanaf hul foon, tablet of Chromebook.
"Met nutsgoed vir kreatiwiteit en kurasie soos Jamboard, het alle studente die vermoë om antwoorde te vind en dit net soos 'n onderwyser aan te bied. Dit gee elke student 'n stem, ongeag hul vlak."
Steven Hope, Hoof van onafhanklike studie, Leeds City College
Leer slimmer met die wolk
Gee dryfkrag aan jou lesplanne en bied aan jou studente nuwe maniere om saam te werk met die Jamboard-skerm.
Inspireer intydse opvoeding en samewerking
Teken idees en lesse in witbordstyl op die ongelooflike responsiewe en akkurate pragtige 55-duim, 4k-skerm. Laat los prente, voeg notas by, en gryp bates direk vanaf die web, of voer werk in vanaf Dokumente, Blaaie en Skyfies – alles terwyl jy saam met studente of klasmaats van oral af werk.
Draagbaar, kragtig en gereed vir die klaskamer
Dit vorm die fokuspunt vir kreatiwiteit in die klaskamer en is maklik om rond te beweeg met die doelgeboude draagbare staander en enkelkabelopstelling. Die stilus en uitveër hoef nie saamgebind te word nie, wat verseker dat jy nooit sonder ink of batterye is nie.
Verken topvrae oor Jamboard
Hoeveel mense kan Jamboard op een slag gebruik?
Jamboard steun tot 16 raakpunte tegelyk op 'n enkele toestel. 'n Hele klas kan by dieselfde jam aansluit vanaf ander Jamboards, en vanaf fone en tablette met die Jamboard-program.
Hoeveel kos Jamboard?
Jamboard begin by USD 4 999 (dit sluit in 1 Jamboard-skerm, 2 stilusse, 1 uitveër en 1 muurmontering) met 'n eenmalige betaling van USD 600 vir bestuur en die steundiens. Daar is geen herhalende jaarlikse fooi nie. Stuur 'n e-pos aan jamboard-sales@google.com of kontak jou herverkoper.
Wat is Jamboard se spesifikasies?
Bekyk die Jamboard-spesifikasiebladsy (PDF). Besoek die Jamboard-hulpsentrum vir meer inligting.
Kyk na innoverende maniere waarop skole Jamboard gebruik
Kom aan die gang met Jamboard
Verken hierdie nuttige hulpbronne om in en buite jou klaskamer aan die gang te kom met Jamboard.
Begin hier
Probeer die Jamboard-program
Laai die program af en begin jam en saamwerk in jou klaskamer.
Koop 'n Jamboard
Ons sal graag enige vrae beantwoord en jou help om 'n Jamboard vir jou klaskamer te kry.